Verlede maand
Bus driver in skietvoorval gewond
Die bestuurder het 'n oppervlakkige wond aan sy enkel opgedoen.  ~ Foto ter illustrasie: Peter Abrahams

'N GOLDEN ARROW-busbestuurder is Vrydagoggend in 'n vermoedelike aanval op 'n taxi deur 'n dwaalkoeël getref.

Die motief en volledige besonderhede rondom die voorval is in dié stadium nog nie volledig bekend nie.

Die Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, Daylin Mitchell, sê hy is verlig om van Golden Arrow te hoor dat die bestuurder nie ernstig beseer is nie.  Hy is behandel vir 'n oppervlakkige wond aan sy enkel.

Mitchell sê die polisie ondersoek die voorval. Hy doen 'n beroep op getuies om na vore te kom sodat hulle die skuldige persoon kan vind en 'n vinnige inhegtenisneming kan verseker.

"Ons moedig inwoners, wat inligting oor hierdie voorval het, aan om die owerhede te help.

"Ek doen 'n beroep op die polisie om alles moontlik te doen om die skuldige te vind wat verantwoordelik is vir die beweerde skietery. Ongeag die motief, moet ons 'n sterk boodskap stuur dat dit nie in die Wes-Kaap geduld sal word nie en dat misdadigers agter tralies sal beland," voeg Mitchell by. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters