Verlede maand
Bure skroom nie om te help
WAARDEER DIT: Andeleen van Rooyen (53) bedank haar wyksraadslid, Maxwell Heins, vir die renovations aan haar huis nadat dit gebrand het.  ~ Foto Verskaf

CLANWILLIAM – ’n Blinde vrou hier het haar buurmense se mede­menslikheid raakgesien.

Dit het gekom nadat haar huis laat laas jaar in ’n brand groot skade opgedoen gedoen het.

Andeleen van Rooyen (53) van Gousblomlaan is moedeloos gelaat ná die brand.

’n Wyksraadslid, Maxwell Heins, het egter ingegryp en hulp vir die blinde vrou gekry.

Heins sê hy het locals op die Facebook-blad Staan Saam Clanwilliam vir donasies en hulp gevra.

Hy vertel: “Die inwoners van Gousblomlaan het nie geskroom om hul buurvrou van hulp te wees nie en het haar gehelp met die nodige.

“Daar was baie mense wat hand wou bysit en daar is onmiddellik begin met die beplanning van die opknapping en herstel van die beskadigde huis.

Glimlag

“In samewerking met privaat donateurs, Maxi Market, Clanwilliam Spinners en gemeenskapslede het ons die opknapping en herstel van die huis Maandag afgehandel.

“Ons kon weer ’n glimlag op Andeleen se gesig sit en het weer die hoop in haar lewe herstel. Ons hoop die jaar 2021 is geseënd vir haar en haar woning.”

Van Rooyen sê: “Ek is dankbaar vir almal wat gehelp het. Dit voel weer soos ’n regte huis.

“Dankie vir die raadslid en almal wat my weer soos ’n mens laat voel het.”

Heins meen die inwoners kan ’n verskil maak in mekaar se lewens as hulle net saamwerk.

Hy wil al die rolspelers, privaat donateurs en gemeenskapslede van Clanwilliam bedank vir hul donasies en bydrae met die herstel van Van Rooyen se woning.

“Om die waardigheid van mense te herstel sal altyd my doel en plig wees,” voeg Heins by.

ERG BESKADIG: Só het die huis ná die brand gelyk. Foto: Verskaf
BRING HOOP: Inwoners van Clanwilliam lewer nuwe meubels by Andeleen van Rooyen se huis af. Foto: Verskaf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters