Verlede maand
Bullets maai onder manne
afgemaai
Dood: Die man, wat glo van Lavender Hill kom, is uitgehaal terwyl hy in sy bakkie gesit het.  ~ Leon Knipe

VERSKEIE mense is sedert Dinsdagaand in afsonderlike skietvoorvalle doodgeskiet.

In Plumstead is ’n man (31) koelbloedig by die BP-vulstasie in sy bakkie afgemaai.

Die voorval het omstreeks 19:30 in Victoriastraat gebeur. Die man is verskeie kere geskiet.

Dié ou, wat na verneem word van Lavender Hill was, het langs sy bakkie gelê en is op die toneel dood.

Sers. Wesley Twigg, ’n polisiewoordvoerder, sê die motief vir die moord is nog onbekend en die verdagtes het van die toneel gevlug.

Die cops is tans besig om ’n moordsaak te ondersoek. Niemand is nog gearresteer nie.

  • In Delft, wat die laaste tyd erg onder bendegeweld gebuk gaan, is nóg iemand gisteroggend in ’n skietery gewond.

Die skietvoorval het in die vroeë oggendure in Aandblomplein, Roosendal, gebeur terwyl die 32-jarige slagoffer daar by sy hek gestaan het.

Drie mans het hom genader. Een van die verdagtes het ’n vuurwapen uitgehaal en ’n skoot op die slagoffer afgevuur.

  • Dié skietvoorval kom kort nadat ’n pa en seun ook verlede week in Delft in ’n skietery noodlottig gewond is.

Die pa (51) en seun (27) wat na verneem word nie gangsters was nie, is in hul huis by N2 Gateway geskiet.

Niemand is nog vir dié dubbele moord aangekeer nie.

Geopen

Volgens AO Joseph Swartbooi, ’n polisiewoordvoerder, het die verdagtes van die toneel gevlug en niemand is nog gearresteer nie.

Die motief vir die skietaanval is ook nog onbekend en ’n saak van poging tot moord is geopen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters