9 dae gelede
#KYK: 'Ons wil leer'
moerig: Jerry Seale, adjunk­voorsitter van die skool se beheerliggaam, sê hulle support die onnies se besluit om nie in die klas­kamers klas te gee nie.  ~ 

ONS kinders is honger vir onderrig.

Maar nou moet hulle soos haweloses op straat onderrig ontvang.

Só kla ouers van leerders aan die Gedenklaerskool Pauw in Wellington.

Dít kom nadat die onnies besluit het hulle sal nie voortgaan om die kinders in ongemaklike en gevaar­like omstandighede te onder­rig nie.

Meer as 500 leerders kry van 1 Oktober onder die skool se bome les of sommer op die skool se stoep.

Met Son se aankoms by die skool gisteroggend was daar steeds staalpale by die betrokke klaskamers.

Die pale help om die tweeverdiepinggebou stabiel te hou, anders val alles inmekaar.

Die skool bestaan sedert 1926. Dit is dus ’n volle 93 jaar oud.

Die maatskappy wat aangestel is om die renovation-werk te doen, het intussen die pad gevat.

Dit maak dat die skoolgebou tans op die genade van die staalpale staan.

Toe die konstruksiemaatskappy ’n lange gooi, het tot 90 kinders een van die klas­kamers volgepak wat nie onder konstruksie was nie.

Wat dinge nog erger maak, is dat niemand weet wat die naam van die konstruksiemaatskappy is wat nou witweg is nie.

’n Adjunkvoorsitter van die skoolbeheerliggaam, Jerry Seale, sê: “Dis ’n gevaar vir die kinders om in dié klaskamers onderrig te ontvang.

“Daarom het die onnies besluit hulle gaan nie meer daarin klasgee nie.

“Die beheerliggaam support hulle.

“Die regering kom nie met oplossings nie. Die kindertjies is honger vir onderwys, maar dit word van hulle weggehou.”

Sonja Paulse, die voorsitter van die skool se beheerliggaam, sê sy en ander ouers is ongelukkig oor die omstandighede waaronder die leerders moet leer.

Paulse sê: “Dis nie goed vir die kinders se gesondheid nie, want hier is kinders wat nie met die sand en die son hier buite kan deal nie.

“Dit belemmer eintlik die kinders se gesondheid. Ons het aan die begin gesê daar kan nie só gewerk word nie.

“Die bouwerk moet eintlik in die vakansietyd gedoen gewees het. Dis heeltemal hartseer om ons kinders só te sien.”

Evelyn Fortuin sê sy het ’n kind in gr. 3 en een in gr. R.

Fortuin meen die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) steur hom nie daaraan hoe dringend die kwessie is nie.

Sy sê: “Ons as die ouers het ’n brief geskryf aan die WKOD. Ons wag nou nog vir terugvoering.

“Ek voel dit kan nie só aangaan nie.

“Dié situasie het ’n negatiewe invloed op die kinders se onderrig.”

Agteruitgaan

Millicent Merton, ’n woordvoerder van die WKOD, sê die doel van die staalpale wat laas maand ingesit is, is om te keer dat die vier klaskamers op die eerste verdieping verder agteruitgaan

Volgens haar wag die departement van openbare werke vir Heritage Western Cape se goedkeuring voordat hy kan voortgaan met permanente herstelwerk aan die gebou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters