6 dae gelede
B’rr! Twee koue dae lê voor
winter
Winter: Die SA Weerdiens voorspel twee baie koue dae dié week.  ~ _NETWERK24

NET ’n bietjie reën en baie koue ...

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ook nie sneeu nie, al bibber die Wes-Kaap.

Tog kan ’n mens nie daarop bargain nie, want in Ceres, waar dit gewoonlik sneeu, gaan die kwik Donderdag tot -1 °C daal.

Vir vandag word min reën voorspel en dan is dit klaar. Die naweek sal droog wees.

Die plekke wat tot dusver ietwat reën gekry het, is Bellville (11 mm), Kirstenbosch (7 mm), Knysna (9 mm), Mosselbaai (8 mm), Robertson (7 mm), Villiersdorp (10 mm), Kaap Agulhas (5 mm), Plettenbergbaai (10 mm) en Swellendam (17 mm).

Dit bly egter koud en van die minimum temperature vir vandag en môre lyk so: Sutherland (-5 °C en -7 °C), Clanwilliam (3 °C en 1 °C), Langebaan (5 °C en 1 °C), Malmesbury (4° C en 0 °C), Paarl (4 °C en 0 °C), Kaapstad (8 °C en 6 °C), Grabouw (3 °C en 0 °C), Worcester (2 °C en 1 °C), Beaufort-Wes (0 °C en -1 °C), Oudtshoorn (2 °C en 0 °C) en Ceres (0 °C en -2 °C). Oor die naweek sal dit ietwat warmer word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters