6 maande gelede
Brouerye moet jobs sny
SWAAR: Die verbod op drankverkope het nou nóg 550 jobs gekos.  ~ Foto ter illustrasie:Rapport

DIE derde verbod op alkoholverkope sedert die aanvang van die pandemie begin South African Breweries (SAB) nou erg knou.

Nie net het SAB byna sy maksimum stoorkapasiteit by sy nege aanlegte bereik nie, hy kan nie meer sy volle werkmag in diens hou nie.

SAB moes die moeilike besluit neem om die kontrakte van 550 werknemers oor die land heen op te skort.

Die mense wat hul pos kwyt is, werk veral aan die verskaffing- en logistieke kant van die brouery.

Fout

In ’n persverklaring sê SAB se visepresident vir korporatiewe sake, Zoleka Lisa: “Die derde verbod het veroorsaak dat ons nie meer so baie tydelike werkers benodig nie.

“Dit is geen fout aan hul kant nie; die huidige omstandighede noop ons om dit te doen.”

Lisa sê ook hulle weet nog ’n bierbrouery, Heineken SA, moet ook sy getal werknemers minder maak.

Luidens berigte moet Heineken 70 mense aflê.

“Ons probeer alles in ons vermoë, maar die minimale kommunikasie van die regering se kant af oor die tydlyn rakende die verbod maak dit moeilik om vir die besigheid te beplan.”

Beleggings

Lisa sê elke job wat verloor word, het ’n impak op die land se ekonomie en die vermoë om brood op tafels te sit.

Sy sê SAB is verplig om sy werkmag se salarisse met 10% te besnoei en R5 miljard se beleggings te kanselleer.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters