Verlede maand
Broer en suster voor vir moord
Theo-Neil Herman  ~ Foto Verskaf

’N MAN en sy suster het gister in die Somerset-Wes-hof op aanklag van moord verskyn.

Die saak teen Evan Cedras (22) en Bernadine Cedras (27) is tot 23 Oktober uitgestel vir ’n borgtogaansoek.

Hulle staan tereg in verband met die moord op Theo-Neil Herman (27), pa van ’n sesjarige meisiekind.

Herman is Sondagaand vermoor.

Volgens die polisie was daar ’n stryery tussen ’n groep mense wat aanleiding tot die moord gegee het.

Hartseer

Herman is glo in sy ma se huis ten aanskoue van sy suster onder sy bors gesteek.

Hy het buite die huis aan sy wonde beswyk.

Cynthia Herman, die ma van die slagoffer, sê sy voel baie hartseer oor die voorval omdat sy haar seun ná die stryery gekalmeer het.

Volgens die ma was hy rustig totdat iemand haar voordeur se ruit stukkend geslaan het en in die huis ingekom het om te kom skel.

Sy sê die verdagtes en haar kinders het saam grootgeword en hulle ken mekaar baie goed.

Volgens haar voel sy ook baie sleg vir die ouers van die verdagtes, want hulle is ordentlike mense.

Sy het hulle Maandag­oggend geneem sodat hulle berading kon ontvang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters