10 dae gelede
Briek-in-brac vir betogers
GAAN WEG, OUPA: Die polisie stoot ’n bejaarde betoger weg.  ~ Anele Mfazwe

DIE ding het gister weer in Brackenfell geruk.

Hierdie keer was dit lede van die PAC (Pan Africanist Congress) wat met die polisie te doen gekry het.

Daar word nou gevrees dat dié botsing ’n oefenlopie was vir die verwagte chaos môre wanneer EFF-lede beplan om weer op die skool te gaan toesak.

Sowat 50 PAC-lede het omstreeks 08:45 by die local treinstasie vergader.

Hul plan was om buite die Hoërskool Brackenfell te gaan betoog teen die sogenaamde “whites only-matriekafskeid”.

Son het vroeër berig die hel was laas Maandag los toe inwoners en ouers EFF-lede aangerand het.

Hulle was ook op pad na die skool toe die locals hulle gekeer het.

Die polisie het gister die PAC-betogers gewaarsku om te disperse, want hulle het nie ’n permit gehad nie.

Vreedsaam

Masixole Mlandu, ’n student-aktivis wat ook deel van die protesaksie was, en ander lede het volgehou hulle het nie ’n permit nodig om te betoog nie.

“ ’n Onlangse uitspraak deur die grondwetlike hof het bevind dat betogers nie nodig het om aansoek te doen vir ’n permit nie, solank hulle vreedsaam betoog,” het Mlandu gesê.

“Dis presies wat ons beplan om te doen.”

Die betogers het daarna ten spyte van die polisie se herhaalde waarskuwings in die skool se rigting begin march.

Die polisie het hulle by die hoek van Frans Conradierylaan en Paradysstraat ingewag, waar gedwing is om om te draai.

Dis dieselfde kruising waar die EFF-lede en Brackenfell-inwoners met mekaar gebots het.

NIE HIER VERBY: Die polisie staan op die hoek van Frans Conradierylaan en Paradysstraat om te keer dat PAC-lede na die Hoërskool Brackenfell gaan. Foto: Anele Mfazwe

Lede van die polisie-eenheid vir openbare orde het skokgranate na die betogers gegooi. Die betogers was reeds besig om om te draai toe cops hulle met shields begin wegstoot het.

Mlandu het enkele minute voor die chaos aan sy comrades gesê: “Ons is outnumbered. Laat ons onttrek. Emosies wen nie ’n oorlog nie.”

Die betogers het na die treinstasie teruggekeer en vir hul vervoer gewag. Hulle belowe egter om môre “sterker” terug te kom.

’n Polisiewoordvoerder, kol. Andrè Traut, sê niemand is gearresteer nie.

Intussen het die Stad Kaapstad gevra dat lede van die publiek die omgewing van Hoërskool Brackenfell môre moet vermy.

Net ouers, leerders en die media sal naby die skool toegelaat word.

Opdrag

Die EFF-leier, Julius Malema, het vroeër vandeesweek op Twitter gesê hy sal môre in Brackenfell wees.

Die Stad het aan die EFF ’n permit vir 100 betogers toegestaan. Baie meer mense word egter verwag, want die EFF het al sy Wes-Kaapse streke opdrag gegee om lede te stuur.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters