10 dae gelede
Brandweer terug op sy pos
fire, car fire, car on fire, blaze, shack fire, fi
Die brandweermanne is weer aan diens.  ~ iStock

DIE Stad Kaapstad se brandbestryders se gedreig oor ’n staking is iets van die verlede.

Brandbestryders keer terug na hul normale skofte.

Die Stad het Dinsdag ’n ooreenkoms bereik saam die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (SAMWU).

Die ooreenkoms wat in die Arbeidshof bereik is, is van toepassing op alle brandweerdienste, ongeag of hulle deel is van die vakbond.

Die twee partye verskyn weer 29 November in die hof.

Daar sal dan ’n finale besluit gemaak word oor die oortydbetalingsgeskil tussen die brandweerdiens en vakbonde.

Tot dan moet brandbestryders die bepalings van die huidige ooreenkoms nakom.

Richard Bosman, die uitvoerende direkteur vir veiligheid en sekuriteit sê die Stad sal skorsings ophef en alle dissiplinêre verrigtinge teen die werknemers voortspruit weens die gedrag wat plaasgevind het met betrekking tot die geskil vanaf 1 Oktober 2019 tot die datum van die bevel.

Daar word nou van beide partye verwag om hul argumente in te dien ter voorbereiding van die verhoor wat aan die einde van November is

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters