5 maande gelede
Brandt ‘geblus’
Dawood BrandtFoto: Jonathan Lestrade  ~ 

DIE Stad Kaapstad sê ’n 70-jarige man wie se waterrekening met R9 000 agterstallig is, kan die council nader vir ’n betalingsooreenkoms.

Son het Vrydag berig Dawood Brandt van Kraaifontein sit met ’n waterrekening wat die hoogte ingeskiet het nadat die Stad ’n nuwe watermeter by sy huis geïnstalleer het.

Dié blou meters is tans ’n groot kopseer vir Kapenaars omdat mense gedwing word om dit in te sit teen ’n koste van R4 000 indien hulle as ’n watervermorser geklassifiseer word.

Die meter beperk die huishouding tot net 350 liter per dag.

Priya Reddy, ’n woordvoerder van die Stad, het bevestig die watermeter is op 13 November geïnstalleer nadat die water­verbruik by sy huis die waterbeperkings oorskry het.

Die R4 000 vir installasie is op Brandt se rekening bygevoeg, sê Reddy.

Volgens haar het Brandt sy betalingsooreenkoms nagekom totdat die R4 000 op sy rekening verskyn het.

Sy sê: “Brandt het die Kraaifontein-kantoor besoek, waar hy ingelig is oor die rede vir die addisionele bedrag.”

Volgens Reddy kwalifiseer Brandt as pensioenaris vir ’n korting van die Stad. Hy sal dus nie rente hoef te betaal nie.

Sy voeg by voordat ’n nuwe watermeter ingesit word, kry inwoners eers kennisgewing dat hulle 30 dae het om hul watergebruik te verminder of aansoek om ’n hoër kwota te doen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters