3 maande gelede
Brand laat siekes vlug
VErSKuiF:Talle mense is inderhaas verwyder weens ’n brand by ’n Mitchells Plain-hospitaal.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE noodeenheid van die Mitchells Plain-distrikshospitaal is veilig verklaar, maar moet nog herstelwerk ondergaan en skoongemaak word.

Dit volg nadat ’n brand Saterdag omstreeks 07:15 by dié gesondheidsfasiliteit uitgebreek het en 200 pa­siënte vinnig verskuif moes word.

Die meeste van die pa­siënte het weer ingegaan nadat die brandweer die brand geblus en die hospitaal veilig verklaar het. Niemand is in die brand beseer nie.

Volgens Monique John­stone, ’n woordvoerder van die departement van gesondheid, is ’n tydelike nooddienssentrum by die distrikshospitaal opgerig.

“Die emergency unit is net vir uiterste gevalle en sal nie voltyds werk nie omdat die hospitaal nog ’n tekort aan beddens het.”

Mense kan ook na die Mitchells Plain-kliniek gaan as hulle dringend hulp benodig.

Pasiënte wat nie kan wag vir mediese behandeling nie, kan ook verwys word na ander hospitale indien hulle nie by die distrikshospitaal gehelp kan word nie.

“Ons besef die oorplaas van pasiënte na die Mitchells Plain-kliniek gaan baie druk op die stelsel plaas en daarom gaan ons van die Mitchells Plain-distrikshospitaal se mediese personeel stuur om uit te help met pasiënte.”

Die oorsaak van die brand word nog ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters