20 dae gelede
Brand laat honderde dakloos
n Bejaarde vrou is oorlede nadat b brand haar hok
Honderde mense is dakloos gelaat na 'n brand in Khayelitsha.  ~ Foto Verskaf

MEER as 400 mense is dakloos gelaat ná ’n brand in die informele nedersetting Taiwan in Khayelitsha. 

Die brand het Vrydagaand omstreeks 20:40 uitgebreek en 141 sinkhuise en 11 huise verwoes, sê Jermaine Carelse, ’n woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdienste. 

Die brand is omstreeks 05:25 Saterdagoggend geblus. “Ons het 13 brandweervoertuie op die toneel gehad en 56 brandbestryders. Die wind was uitdagend in ons stryd, maar die brand is geblus.” 

’n Brandweerman is later na ’n hospitaal geneem vir behandeling van spierpyn. Niemand anders is in die voorval beseer of dood nie. 

Die brand- en reddingspanne was dié naweek ook doenig by verskeie ander brande. Een so ’n brand was by die Twaalf Apostels-berge naby Kampsbaai.  

Die brand het Saterdagmiddag uitgebreek en is dieselfde dag geblus. Die brandweer het die gebied Sondag steeds vir flare-ups gemonitor. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters