Verlede jaar
Brand eis ou
Brand: Neighbours en familielede help gister om die rommel wat oorgebly het, skoon te maak.Foto: jonathan lestrade  ~ 

“HELP! Help my!”

Só het die 46-jarige Jerome­ Moses gister vroegoggend vergeefs om hulp geskree.

Teen die tyd toe die brandweer daar kon uitkom, het Moses klaar in sy wendyhuis verkool.

Moses het in sy ma se agterplaas gewoon.

Die tragedie het hom afgespeel in Lugmaglaan in Kensington. By Son se besoek was bure en familie reeds besig om die puin skoon te maak.

Gaben Petersen (27), ’n familielid wat in ’n wendyhuis langs Moses s’n woon, vertel gister hy kon nie vir Moses help nie oor alles so vinnig gebrand het.

Petersen sê: “Ek het geslaap toe ek hoor die katte raas.

“Ek het my nie baie daaraan gesteur nie, want die katte maak altyd ’n geraas.

“Toe hoor ek hy skree: ‘Help! Help my!’ en hy roep my naam uit.

“Ek het opgestaan en toe gesien dat sy huis besig is om te brand. Die vuur was klaar sterk en ek kon nie eens nader gaan nie.”

Hy voeg hartseer by: “Ek kon nie help nie. Die wendy-huis bestaan net uit plastiek en hout en dit het baie vinnig gebrand.”

Moses se ma, Johanna Petersen, sê sy vermoed haar seun het vergeet om die kers dood te blaas voordat hy geslaap het.

Johanna (64) sê: “Hy het krag in sy wendy, maar die globe het ge-fuse en hy moes ’n kers aansteek.”

Sy sê verder sy sal eers moet wag vir die DNS-toets-uitslag voordat die familie enige begrafnisreëlings kan tref.

’n Woordvoerder van die Stad se brandweermag, Theo Layne, bevestig die voorval.

Layne sê: “Die waarskynlike oorsaak van die brand is ’n kers wat sonder toesig gelaat is.”

’n Polisiewoordvoerder, sers. Noloyiso Rwexana, bevestig­ dat ’n geregtelike doodsondersoek ondersoek word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters