Verlede jaar
Brand by huis stop nie ‘jukebox-man’
SKADE: Desmond Louw staan in die kamer wat gebrand het.Foto: KEITH MEYER  ~ 

CALITZDORP. – Desmond Louw, die dorp se bekende “jukebox-man”, was onlangs die slagoffer van ’n onbekende brand by sy huis.

Sy saamleefmaat, Alida Oerson, vertel: “Daai spesifieke dag het my kind, Desmaine, so ’n geel kleur in haar gesig gehad. Dit was tóé al onheilspellend.

“Want dit het nog nooit voorheen gebeur dat sy so lyk nie. Die mense is verskriklik jaloers op my Desmond.

“Ek het net ’n voorgevoel gehad dat ek in die kamer moet gaan kyk.

“Toe was die kamer in ligte laaie. Ek kon net die pram red.

“Al drie my kinders se klere en beddegoed het uitgebrand.”

Desmond, wat onlangs in die hof was vir musiekverstoring, is bekend daarvoor dat hy jaarliks sy bonus spandeer op geskenkies vir kinders by kleuterskole.

Verstik

Hy maak ook musiek, tot groot vermaak van die dorp.

Hy sê: “Ek was by die werk, toe hoor ek hier is ’n brand.

“Toe ek hier kom, is ek dadelik die huis in en het verstik in die bollings rook.

“My kinders van 3 en 10 jaar oud se klere het in die slag gebly. Ook hul beddens.

“Dis groot skade, broer.

“Ja, ek weet nie of mense jaloers is nie, maar ek sal steeds musiek maak. Ek sal steeds kleuterskole help.

“My jukebox het niks oorgekom nie.”

  • Mense wat hom en sy gesin met kinderklere wil help, kan Louw by 073 409 2405 bel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters