24 dae gelede
#KYK: Braaidag op 'n next level
valhalla park,looting
Inwoners het skaamteloos met hele lamme die straat afgestroll, so amper asof hulle die lam vir ’n outing gevat het.  ~ 

Inwoners van Valhalla Park het op die vooraand van Erfenisdag wat ook onder baie as Braaidag bekendstaan, ’n slaghuis bestorm en leeg gedra.

Die voorval het Maandag in die vroeë oggendure in Angelastraat gebeur, toe inwoners die Jaween winkel leeggedra het.

Op ’n video wat op sosiale media viral gegaan het, kan daar duidelik gesien word hoe mense trollies op trollies goed wegry.

Die winkel se rakke was binne ’n oogwink dolleeg en van die inwoners het ook die slaghuis geplunder en met hele skape weggehardloop.

Inwoners het skaamteloos met hele lamme die straat afgestroll, so amper asof hulle die lam vir ’n outing gevat het.

Baie van hulle was min gespin om op kamera afgeneem te word.

Lees meer in Woensdag se Son Koerant. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters