6 dae gelede
Botsing eis 5
GRU-TONEEL: Die twee insittendes van die VW Golf is ook in die ongeluk dood.  ~ Foto Verskaf

ALTESAAM vyf mense, onder wie drie jong meisies, is in ’n grusame ongeluk in Kleinmond dood.

Dié tragedie het hom Saterdag­aand in die kusdorpie se hoofweg afgespeel.

Die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa, verduidelik: “Die bewering is dat die VW Golf se driver, wat vauit Hermanus se rigting­ na Kleinmond gery het, beheer oor die kar verloor het.

“Die Golf het teen ’n geparkeerde kar in die hoofweg vasgery. Drie voetgangers wat langs die pad gestaan het, is ook deur die voertuig gestamp.”

Volgens Africa was dié drie pedestrians meisies van 9 tot 13 jaar oud.

Hulle is al drie op die toneel dood.

“Altesaam is daar vyf mense in dié gru-ongeluk dood,” voeg hy by.

“Dis drie voetgangers en die twee insittendes in die VW Golf.”

Africa sê verder is daar altesaam 17 sterfgevalle in padongelukke in die provinsie aangemeld.

Dit voorspel niks goeds aan die vooraand van die feestyd nie.

Intussen sê Africa meer as 300 bestuurders is Vrydag vir alkohol getoets by verskeie­ padblokkades wat in die Wes-Kaap opgestel is.

Volgens Africa is daar uit hierdie groep 21 bestuurders vir dronkbestuur gearresteer.

Roekelose

In Vredenburg is ’n driver afgetrek met ’n bloedalkoholvlak van meer as ses keer die limiet.

’n Ander drywer is in Knysna vir roekelose en nalatige bestuur gearresteer, sê Africa.

Nog ’n bestuurder is in Brackenfell vir omkopery in hegtenis geneem.

Volgens Africa is ’n ander driver in Vredenburg gearresteer nadat hy hom as ’n verkeersbeampte voorgedoen het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters