5 maande gelede
Borgtog ‘sal trust wegvat’
Ayesha Kelly  ~ Foto Verskaf

’N ONDERSOEK­BEAMPTE was gister nie op sy mond geval in die hof nie.

Hof 4 by die Mitchells Plain Landdroshof het dít gister ervaar toe die beampte getuienis gelewer het oor waarom ’n kindermoord-verdagte nie bail moet kry nie.

Speursers. Bradley Schuurman van die teenbende-eenheid het die hof ingelig dat Nathaniel Arendse (20) nie net ’n vlugrisiko is nie, maar ook die regstelsel vir ’n ride sal probeer vat. Hy is beskuldigde 2 in die moord op Ayesha­ Kelly (10).

Arendse en Cameron Julies staan tereg op die moord op dié meisie wat in 2019 in ’n skoolvakansie in Tafelsig gepleeg is.

Klein Kelly is na ’n tuckshop gestuur, toe die skote om haar afgegaan het.

Julies het die hof ingelig dat hy nie bail wil hê nie, terwyl Arendse, ’n taxi guardjie­, vir bail gevra het omdat hy terug werk toe wil gaan.

Volgens Arendse sorg hy vir sy ma en gee haar R100 ’n dag vir brood.

Toe die hof by Arendse wou weet wie sy bail gaan betaal, het hy geantwoord sy ma.

Ayesha se mammie, Inshaaf Kelly, en haar man Jonathan Arendse, was bitter hartseer toe Julies en Arendse by die beskuldigdebank inskuif en vir die galery smile en knipoog.

’n Ontstelde Arendse sê: “Hulle voel nie die pyn nie. Hulle lag nog.”

Volgens die ouers is die pyn nog baie seer, veral omdat die beskuldigdes se families nie vir hulle om verskoning gevra het nie.

Intussen het Schuurman nie enige pil van Arendse gesluk nie.

Volgens dié streng cop het Arendse vier keer oor sy adres gelieg en het vyf sake teen sy naam. Die eerste een was toe hy 12 jaar oud was. Hy het ook genoem dat Arendse ’n lid van die Hard Livings-bende is.

BETOOG: Hofgangers wys dat hulle die beskuldigdes nie buite soek nie.

Schuurman het ook na ’n petisie verwys met 871 handtekeninge teen die toestaan van borgtog aan die beskuldigdes.

“Die hof is vol vandag omdat daar baie woede in die gemeenskap oor dié geval is. Hulle is moeg van die bendes en drug-gebruikers.

“As ons hom vrylaat, sal hulle vertroue in die justice system verloor, asook in die polisie wat veronderstel is om hulle te protect.”

Schuurman het ook na Stacey Adams (’n 6-jarige wat in 2018 vermoor is) se saak verwys waar ontstelde inwoners die verkragter en moordenaar se huis afgebrand het.

“As hy uitkom, sal sy lewe in gevaar wees.

Onthou

“Dit sal ook nog bende­geweld veroorsaak omdat hy op die Americans geskiet het.

“Ons moet ook onthou dit was nie net Ayesha wat daai dag by die winkel gestaan het nie.

“Kinders kon gewond gewees het. Sy was ’n kind.”

Volgens hom sal die kids wat die voorval gesien het ook getraumatiseer wees.

“Ek is teen bail vir die beskuldigde.”

Die saak kom op Dinsdag 4 Februarie weer voor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters