2 jaar gelede
Borgtog is verslap vir die feestyd
Beskuldigde: Party van die borgtog-voorwaardes van Nafiz Modack is opgehef.Foto: peter abrahams  ~ 

NAFIZ Modack mag nou weer sekere restaurante en nagklubs in Kaapstad besoek.

Die security boss en sy mede­beskuldigdes – Colin Booysen, Ashley Fields en Jacques Cronjé – staan tereg vir afpersing en geldwassery.

Daar word beweer Modack is die hoof van ’n groep wat sake-eienaars in die stad afpers en hulle dwing om geld te betaal om sekerheid vir hulle te behartig.

Onderskep

Hulle het almal reeds in die Kaapstad-landdroshof verskyn met ’n pleit van onskuldig op alle aanklagte.

Modack word ook van dwarsboming van die gereg aangekla en omdat hy na bewering kommunikasie onderskep het.

Hulle is in November 2017 gearresteer en het in Februarie bail gekry. As deel van sy borgtog-voorwaardes is Modack toegang tot sekere restaurante en nagklubs belet.

Die saak gaan eers volgende jaar voort. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters