17 dae gelede
Booth-saak gaan voort sonder vyf
SURVIVOR: William Booth, ’n Kaapse lawyer, het ’n aanval op sy lewe oorleef. Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

DIE vyf mense wat hof loop vir die mislukte huurmoord op William Booth, soek legal aid.

Die saak teen Kauthar Brown (35), Ebrahim Deare (36), Riyaad Gesant (32), Kim Smith (32) en Igsaan Williams (57) het Vrydag in hul afwesigheid by die Kaapstad-landdroshof voortgegaan.

Hulle staan tereg op klagte van poging tot moord, die onwettige besit van ’n vuur­wapen en vyf klagte wat gepaardgaan met die oortreding van die Rampbestuurwet.

Die staat voer aan die vyf is verantwoordelik vir die aanval op Booth, ’n criminal law­yer in Kaapstad.

Booth het op 9 April in sy garage by sy huis in Higgo­vale, Kaapstad, gestaan toe twee gewapende mans op hom losbrand. Hulle het van die maskers gedra wat bedoel is om ’n mens teen Covid-19 te beskerm. Booth het agter die wiel van sy vrou se kar gesit toe daar op hom geskiet is. Hy is nie getref nie.

Uitgestel

Die vyftal is op die opname van CCTV-kameras geïdentifiseer.

Volgens Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die saak sonder die beskuldigdes voortgegaan kragtens die regulasies van die Nasionale Rampbestuurwet.

“Die saak is in hul afwesigheid uitgestel om legal aid vir al die beskuldigdes, behalwe Williams, aan te stel.”

Dit is nog onduidelik of Williams ’n privaat lawyer wil aanstel.

Die saak is weer Vrydag in die hof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters