7 maande gelede
Bo-Kaap behou sy karakter
oorlog: Osman Shaboodien is die voorsitter van die Bo-Kaap-inwonersvereniging. Hy het harde woorde vir ontwikkelaars.  ~ 

DIS oorlog teen enige een wat hulle erfenis en kultuur wil kom ondermyn.

Só het inwoners van die Bo-Kaap gister voor die Kaapse hooggeregshof gedreig.

Die hof het gister beveel dat die eiendoms­maatskappy Blok geen verdere­ ontwikkeling in Lion­straat in dié historiese woonbuurt mag uitvoer nie.

Dié bevel is hangende die uitspraak oor die saak waarin Bo-Kaap-inwoners die oprigting van posh woonstelle in die gebied wil staak.

Hulle kla dat ontwikkeling rates in dié gebied sal verhoog en sê dis deel van ’n komplot om hulle uit die gebied te smyt.

Blok stry egter om voort te gaan met ontwikkeling.

’n Lawyer vir die in­woners, adv. Mustaque Holland, sê buite die hof hulle regspan doen ook aansoek daarvoor dat die koop van die grond waarop ontwikkeling beoog word, tersyde gestel moet word.

Die voorsitter van die Bo-Kaap-inwonersvereniging, Osman Shaboodien, meen dis ’n oorwinning vir die inwoners hoe langer hulle die ontwikkeling kan vertraag.

Die hofsaak volg nadat inwoners ’n hyskraan verhinder het om die gebied binne te gaan.

Raamwerk

Shaboodien sê: “Ons verklaar oorlog teen enige een wat ons kultuur, ons erfenis, ons lewe in die Bo-Kaap wil versteur.

“Ons het niks teen enige ontwikkelaar wat in die Bo-Kaap wil develop nie, maar dit moet binne die raamwerk van wetgewing geskied.”

Die saak is tot 25 Febru­arie uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters