4 maande gelede
Bloues blus lus
vas gespyker: Twee cops is dik in die sop oor hulle glo ougat geraak het in ’n vên. Foto’s ter illustrasie: GALLO iSTOCK  ~ 

TWEE cops van Atlantis word intern ondersoek oor hulle na bewering in ’n polisievên gespyker het.

Die twee is na bewering met die broek op die knieë betrap terwyl hulle aan diens was. Dié beweerde voorval het by Grotto Bay langs die Weskus gebeur.

Volgens ’n bron wat verkies om anoniem te bly, is hierdie voorval onder die aandag van die bestuur van die Atlantis-polisiestasie gebring.

Die bron beweer van die ander cops by die stasie is dik befoeterd hieroor. Hulle voel die besigheid word onder die mat in gevee.

Die bron sê: “Die voorval het al ’n week gelede gebeur en daar is nog geen saak geopen nie.”

Volgens Barbara Rass, gemeenskapsleier in Atlantis, is sulke gedrag, indien dit waar is, skokkend.

Rass sê: “Persone wat (aan sulke gedrag) skuldig bevind word, het geen respek vir hul werk of vir hulself nie.

“Hulle verteenwoordig die staat en hulle behoort hul uniform met trots en menswaardigheid te dra.”

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die bestuur van die Atlantis cop shop weet van die beweringe.

Teistering

Traut sê: “Daar is ’n interne ondersoek na die beweringe aan die gang om te bepaal of daar enige waarheid in steek.”

  • Atlantis se polisiestasie was verlede jaar ook verskeie kere in die nuus weens be­werings dat seksuele teistering toegesmeer word.

’n Vroulike cop het gekla en ’n saak gemaak teen haar senior, wat sy van seksuele teistering beskuldig het.

Die senior cop is na ’n ander polisiestasie verplaas nadat inwoners betoog en geëis het dat hy van die stasie verwyder word.

Die cop het die vroulike kollega na bewering op WhatsApp as ’n n****r en t**f uitgekryt.

Hy het na bewering ook geweier om haar verlof goed te keur as sy nie ’n foto van haar skaamdele vir hom stuur nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters