13 dae gelede
‘Bloue’ skiet vrou, homself
gelukkiger dae: Steven en Samantha de Kock het glo op skei gestaan.FOTO verskaf  ~ 

’N VOORMALIGE reservis van die Kaapstadse metro­polisie het gister sy vrou en toe homself ten aanskoue van hul kind geskiet.

Die voorval het die gemeenskap van Lotusrivier op die Kaapse Vlakte geskok.

Die voorval het omstreeks 08:00 by die egpaar se huis in Brookford-weg gebeur.

Na verneem word, het Samantha de Kock (33) na buite gehardloop nadat sy geskiet is, maar sy het op die sypaadjie voor die huis inmekaar­gesak en is dood.

Steven (32), ’n werknemer by die e-handelsreus Amazon, het toe sy vuurwapen op homself gedraai en die sneller getrek.

Ná die voorval het ’n neighbour die couple se sesjarige seun na ’n veilige plek geneem.

By Son se aankoms op die toneel het die lyk van Saman­tha, ’n onderwyser van die Primêre Skool Battswood in Ottery, nog op die sypaadjie gelê. Geskokte bure het daar rondgestaan.

’n Buurvrou wat anoniem wil bly, het gesê die egpaar was rustige mense en het niemand gepla nie. Sy het gesê sy het drie skote gehoor.

Een van die ander bure het gesê die egpaar was in die proses om te skei.

Samantha se pa, Sammy Sanders, was gister geskok toe Son hom om kommentaar genader het. Hy het ’n oop wond aan sy kop gehad wat hy sê hy in ’n stryery met Steven opgedoen het toe sy skoonseun hom gepistol-whip het.

Sanders is weggevat vir mediese behandeling.

Getrou

Steven beskryf homself op sy Facebook-blad as ’n “vader­, Alfisti (iemand wat hou van Alfa Romeo-karre), ’n petrolkop, ’n pro-life-Christen, ’n gun-eienaar en wetstoepasser – in daardie volgorde”.

Luidens sy Facebook-profiel het die couple in 2013 getrou.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het bevestig Samantha was ’n onnie by Battswood.

“Die distrik sal die relevante support aan haar kollegas en leerders bied. Dit is baie hartseer en ons dink aan haar (Samantha se) familie, vriende en die hele gemeenskap.”

Richard Bosman, die Stad se uitvoerende direkteur van veiligheid en sekerheid, het bevestig Steven was ’n lid van die Volunteer Law Enforcement Auxiliary Ser­vice.

Bosman het gesê Steven was die afgelope ses maande onaktief en is nie meer as ’n lid beskou nie.

“Die Stad is geskok en hartseer en wil graag sy meegevoel aan die familie oordra,” het Bosman gesê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters