17 dae gelede
KYK: Bloue 'laat goeie legacy agter'
dfd
AO David Jonathan Abrahams is Vrydag ter ruste gelê.  ~ Jonathan Lestrade

DIE laaste myl.

Daar was Vrydagoggend trane toe AO. David Jonathan Abrahams in die Paarl ter ruste gelê is.

Abrahams (54) het Sondag weens Covid-19-verwante komplikasies gesterf.

Past. Etienne van Heerden, wat die begrafnisdiens gelei het, sê Abrahams het 'n goeie legacy agtergelaat.

"Ons almal wil onthou word. Ons wil nie vergeet word nie," het Van der Heerden gesê.

"Ons wil nie doodgaan nie. Maar die dood is onvermydelik. Almal wil egter 'n legacy agterlaat, iets waaraan hulle onthou word.

"Die eerste ding wat jy kan doen om 'n goeie legacy agter te laat, is om Jesus as jou saligmaker aan te neem. Ek kyk na sy (Abrahams) vrou en kinders en ek kan sien hy het 'n goeie legacy agtergelaat."

Abrahams se oudste seun, Avrille Herandien, ook 'n polisieman, sê sy pa was sy inspirasie.

Shaik Emam, 'n parlementslid en senior lid van die NFP, beskryf Abrahams as iemand wat sy gemeenskap gedien het.

Emam verduidelik: "Ondanks die risiko's, het hy oral op die platteland saam met my gery waar ons kos aan plaaswerkers uitgedeel het.

"En nie een keer het hy by my gekla dat hy nie petrolgeld het nie."

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters