Verlede maand
KYK: Blaaspyn – en toe's kind weg
ONDERSTEUNING: Leahanna Fortuin gee Denise Adams, haar suster, ’n drukkie.  ~ Peter Abrahams

’N VROU sê sy sou graag haar babatjie se liggaam wou sien nadat sy ’n miskraam gehad het.

Denise Adams was ses maande swanger toe sy ’n miskraam het.

Die 34-jarige Adams, van Klapmuts, sê sy het op Vrydag 16 Oktober blaaspyn gehad.

“Ek is die aand omstreeks halfsewe na die Stellenbosch-hospitaal.

“Ek het baie pyn gehad, maar ’n dokter het my nie eintlik ondersoek nie.

“ ’n Suster het gesê ek het blaasinfeksie.

“Die dokter het my pynpille gegee en ek is huis toe gestuur.”

Adams vertel sy het buite voor die hospitaal op ’n bankie gaan sit en vreeslik pyn gehad.

En dit is net daar waar sy toe die miskraam kry.

Adams is terug na die hospitaal en sy vertel hoe sy nog die nageboorte uitgedruk het.

Adams sê haar man het nog die kind gesien, maar daarna het ’n suster die kind weggevat.

Dit was volgens haar die laaste dat hulle die kind gesien het.

HARTSEER: Denise Adams met die klere wat hulle klaar vir die nuwe kindjie gekoop het. Foto: Peter Abrahams

Sy is die aand omstreeks elfuur weer huis toe.

“Ons is Maandag weer na die hospitaal om uit te vind wat van die lykie geword het, maar niemand kon ons sê nie.

“As die dokter nog Vrydag my bloeddruk gevat het of my op ’n masjien kon sit, sou ek beter gevoel het. Ek voel baie hartseer oor wat gebeur het.”

Sandra Maritz, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement in die Kaapse Wynland-distrik, sê die pasiënt het op 16 Oktober na die hospitaal gekom weens komplikasies met haar swangerskap en ’n mid-trimester-miskraam gehad. “ ’n Senior dokter het net ná die miskraam met haar gepraat en Maandag weer.”

Maritz sê hulle het vanjaar nog geen reports ontvang van babas wat vermis geraak het nie. “Die departement het vir die volgende drie jaar gebudget vir ekstra sekuriteit.”

Maritz sê die departement spreek sy meegevoel met die familie uit en as hulle hulp wil hê, kan sy die hospitaal kontak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters