4 maande gelede
Bheki se boys gereed vir SONA
Bheki Cele
Min. Bheki Cele spreek die polisiemanne toe.  ~ Melinda Stuurman

BHEKI Cele se manne is gereed vir wanneer pres. Cyril Ramaphosa vanaand sy staatsrede lewer.

Cele, die minister van polisie, het Donderdagoggend by die Kasteel die boys in blue aangespoor om te alle tye die veiligheid en sekuriteit van alle vroue, kinders, bejaardes en die breër publiek te verseker. 

Hy het aan alle beamptes gesê wat aan diens is tydens die staatsrede om hul pligte uit te voer volgens hul grondwetlike mandaat.

"Maar bly binne die toepaslike voorskrifte, tydens en na die staatsrede," het Cele gewaarsku.

Hy het ook gesê hulle moet baie water drink.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters