9 maande gelede
Beweerde bende-leier dood, tiener gewond
moordtoneel,westridge
Een persoon is dood en 'n tiener gewond in die skietvoorval in Westridge.  ~ Verskaf

‘N MAN is dood en tiener beseer in ‘n skietery Donderdamiddag in Mitchell’s Plain. 

Op sosiale media het die boodskap vinnig versprei dat ‘n vermeende bende-leier noodlottig gewond is op die hoek van Silversands en De Duin in die Westridge-omgewing, met twee skietwonde in die kop.

Brig. Novela Potelwa, ‘n polisiewoordvoerder, bevestig die voorval waar ‘n 32-jarige man doodgeskiet en 16-jarige beseer is.

“Daar word beweer dat onbekende gewapende mans omstreeks 15:30 op die twee slagoffers geskiet het.

“Die polisie ondersoek alle moontlikhede, ook die moontlikheid of die voorval bende-verwant is.”

‘n Saak van moord en poging tot moord word ook ondersoek.

Die voorval kom kort na die aanstelling vanmiddag van lt.gen. Yolisa Matakata die nuwe provinsiale polisiehoof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters