9 maande gelede
Bewaarder gelem
SLAGOFFER: ’n Bewaarder van die Voorberg Gevangenis sterk aan nadat hy vol gate gesteek is.  ~ Foto's Verskaf

’N BEWAARDER van die Voorberg Gevangenis buite Porterville is Saterdag in die selle verskeie kere gelem.

Die bewaarder was na verneem word besig om die inmates te tel toe ’n 28’s- bendelid hom aanval.

Hy is met ’n skerp voorwerp twee keer in die rug, twee keer in die gesig en een keer in die bors gesteek.

Die bewaarder is onmiddellik ná die voorval na die hospitaal geneem.

Hy is intussen uit die hospitaal ontslaan, maar is nog erg getraumatiseer.

Die gevangene wat die bewaarder aangerand het, is intussen na die Helder­stroom Gevangenis se maksimum afdeling oorgeplaas.

  • Vroeër vanjaar is ’n senior bewaarder in die Pollsmoor Gevangenis ook verskeie kere gesteek.

Sowat 50 inmates het die bewaarder in ’n sel met skerp voorwerpe aangeval.

Hy is in die kop en aan sy arms en hande gesteek.

Dié bewaarder het ook ernstige wonde opgedoen en moes mediese behandeling ontvang.

  • In nog ’n voorval laas jaar in die Goodwood Gevangenis is twee bewaarders ook aangeval.

Hierdie bewaarders is ook met skerp voorwerpe gesteek toe hulle die selle wou oopsluit vir die inmates om te gaan eet.

Die departement van korrektiewe dienste het die voorval bevestig en sê die sekuriteit by die tronk sal oor die feestyd opgeskerp word.

Delekile Klaas, streekkommissaris, het die voorval veroordeel en voeg by stappe sal teen die betrokke inmate gedoen word.

Hy sê: “Die voorval word ondersoek en die ander gevangene wat hom gehelp het, sal ook aangekla word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters