4 dae gelede
Beurtkrag: Eskom beloof hulp
load shedding: Dis weer tyd vir black-outs in die land. Foto ter illustrasie: JonathanLestrade  ~ 

VANJAAR lê ’n donker Krismis voor.

Load shedding is hier en gaan nog ’n lang ruk hier bly, volgens Eskom.

Hoewel die kragreus sê hy het planne gereed om die load shedding ’n bietjie ligter te maak vir verbruikers, is dit nie wat in werklikheid gebeur nie.

Fase 2-beurtkrag word van Maandag af al toegepas. Mense sal tot twee en ’n half uur, soms twee keer per dag, sonder krag sit.

Volgens ’n woordvoerder van Eskom, Thandi Nkonzo­, sluit hul planne in om trips te herstel en units reg te maak waar krag- onderbrekings voorkom.

“Ons sal ook kyk na boiler tubes wat lek, voorberei vir die reënseisoen wat kom en steenkool in voorraad hou.”

Sy het ook verskoning gevra vir enige ongerief.

Voorgeskryf

Xanthea Limberg, die Stad Kaapstad se mayco-lid vir water en afvaldienste, energie en informele nedersettings, sê die Stad pas net net load shedding toe as Eskom hulle vra.

“Sekere plekke kry nie load shedding nie – soos wat deur Nersa (Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika) voorgeskryf word. Dit sluit plekke in waar daar ’n gevaar kan wees vir mense se veiligheid of vir die omgewing, waar watersuiwering plaasvind, by hospitale, groot besighede en waar groot groepe mense saam kom.”

Limberg sê die impak word soms verlig omdat die hidroëlektriese plant by die Steenbrasdam in gebruik is.

“Die aanleg kan ekstra krag genereer in tye van load shedding en buite die peak tye. Maar dis ook nie altyd moontlik nie.”

Dinge kan egter vererger wanneer by die aanleg beplande instandhouding gedoen gaan word van Januarie af. Limberg vra mense om elektrisiteitsverbruik by hulle huise en kantore te verminder. Volg dié wenke:

. Skakel af wat jy nie gebruik nie;

. Probeer om nie ligte en ander elektriese toebehore aan te sit in die besigste tye nie;

. Skakel jou swembadpomp, geyser en ander groot elektriese toebehore af;

. Stel lugverkoelers laer; en

. Gebruik gloeilampe wat minder krag gebruik.

’n Skedule wat wys hoe jy geraak word, is by son.co.za te sien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters