4 dae gelede
Beurs ’n booster
groot drome: Herschelle Williams is amper ’n onnie.FOTO’S VERSKAF  ~ 

HERSCHELLE Williams se droom om ’n onderwyser te word, is amper waar.

Dis omdat hy onderwys swot danksy beurse wat toegeken is aan leerders van die Höerskool Kenhardt in die Noord-Kaap.

Williams sê: “Ek wou altyd ’n onderwyser geword het.

“Ek voel dis die beste manier om mense te help en om ’n rolmodel te wees vir die jeug in my gemeenskap.

“Daar is baie dwelm- en alkoholmisbruik onder die jeug van Kenhardt.

“Ek wil ’n voorbeeld vir hulle wees.

“Ek wil wys dat hulle lewe baie meer werd is en deur opvoeding kan hulle geleenthede kry vir die toekoms.”

Danksy Aries Solar Power Bursary swot Williams met ’n beurs aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Hy is in sy finale jaar. Williams doen nou prakties by die Hoërskool Forest Heights in Eersterivier, Kaapstad.

Spesialiseer

Hy sê: “Ek wil baie graag teruggaan na die gemeenskap van Kenhardt en skool gee by die Hoërskool Kenhardt.

“Ek spesialiseer in Engels en Life Orientation, en sal daarvan hou om dié vakke op skool te gee.”

Williams sê dit was moeilik om van sy klein huisie in Kenhardt aan te pas by die universiteit in die groot stad.

Hy vertel: “Ek het eers gesukkel en die vervoerstelsel was ook moeilik. Ek het nie veel ervaring gehad toe ek in Kaapstad aangekom het nie.”

Terugploeg

Leerders van die Hoërskool Kenhardt is begunstigdes van die Aries Solar Power-beursprogram.

Danksy dié program word die kinders die geleentheid gebied om tersiêre opvoeding te ontvang.

Hulle gaan dan terug na Kenhardt, waar hulle hulle nuwe skills terugploeg in die gemeenskap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters