13 dae gelede
Betogers petrolbom trok
protest
'n Trok is Dinsdag deur betogers aan die brand gesteek.  ~ Foto Verskaf / Angus McKenzie

DIE polisie ondersoek 'n klag van openbare geweld nadat 'n trok in Happy Valley naby Blackheath ge-petrolbom was.

Die voorval het Dinsdag plaasgevind toe protesoptogte in die omgewing uitgebreek het.

Kol. Andre Traut, polisiewoordvoerder, sê 'n klag van openbare geweld en die omstandighede rondom dit word ondersoek.

Traut het gesê die polisie sal 'n sterk teenwoordigheid in die area hou om wet en orde te handhaaf.

Die betoging kom nadat 45 mense Maandag tydens wydverspreide protesoptogte in verskillende dele van Kaapstad gearresteer is.

Betogings is Maandag in Steenberg, Bishop Lavis, Lwandle, Eersterivier, Kraaifontein, Mitchells Plain, Mamre, Delft, Bellville en Suid-Atlantis gehou.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters