Verlede maand
Betogers hang panties buite kerkleier se woning
panties,rape
Betogers het panties buite aartsbiskop Thabo Makgoba se woning gehang. FOTO: SABC  ~ 

BETOGERS het Sondag panties buite die Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba se woning in Bishopscourt gehang.

Die protes is ter ondersteuning van eerw, June Dolley-Major, wie na bewering 18 jaar gelede deur ‘n mede-kerkleier verkrag was.

Sy het in Junie ’n hongerstaking buite Makgoba se woning gestaak toe die kerk na jare van geen aksie teen die beskuldigde priester – waartydens drie saak dockets ook vermis geraak het - ingestem het om die saak te heropen.

Dolley-Major doen nou ‘n beroep op die kerk vir ‘n onafhanklike ondersoek na die beweringe van verkragting.

Sy sê: “Die aartsbiskop en kerk ondersoek basies hulself. Die mense op die paneel is almal priesters, met die uitsondering van een persoon.

“Die probleem is dat jy jouself nie kan ondersoek nie. Jy kan nie investigator, regter, jurie van jouself wees nie.”

Makgoba se kantoor sê egter in ‘n verklaring die kerk is verbind toe ‘n regverdige proses vir alle sake van abuse.

“Die kerk-kommissie ondersoek die saak en dit is onwaarskynlik dat hulle kommentaar sal lewer voor hulle verslag gedoen het aan eerw. Dolley-Major.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters