5 maande gelede
Beste in weste
ook ’n SLIMKOP: Onke Sibeko het gister ’n prys ontvang omdat hy die topleerder in tegniese wetenskap in die provinsie was.  ~ 

NIKS is onmoontlik nie – selfs al het jy ’n magdom probleme om te konfronteer.

Dít was by die Wes-Kaapse Nasionale Senior Sertifikaat-prys­uitdeling deel van die boodskap aan die top­matrikulante.

Debbie Schäfer, provinsiale minister van onderwys, het gesê: “Daar is ’n gesegde wat lui: ‘Jy weet nie hoe sterk jy is totdat sterk wees die enigste keuse is wat jy het nie.’ ”

Sy het gesê baie van die uitdagings wat matrieks gedurende die eksamen in die gesig gestaar, het te doen met gangsterism en ander maatskaplike euwels. Tog het matrieks bewys hulle kan in moeilike tye deurdruk.

Die Hoërskool Masibambisane in Delft is een van die skole wat deurloop onder bendegeweld. Ten spyte van dié challenges het die matrieks goed gevaar in die eindeksamen.

TOPs: Debbie Schäfer, provinsiale minister van onderwys, Michaela Jade Standaar en Brian Schreuder, hoof van onderwys in die Wes-Kaap, by die toekenningsplegtigheid.

Schäfer het gesê “Die skool is in 2017 as ’n onderpresterende skool geklassifiseer, met ’n slaagsyfer van 48,1%. Ná die regte stappe het die skool bo die probleme uitgestyg en ’n slaagsyfer van 79,1% behaal.”

Die minister het bygevoeg die Wes-Kaap het gewys hy is ’n leier in wiskunde en wetenskap.

Die provinsie het ’n slaagsyfer van 79,5% vir wetenskap en 76% vir wiskunde behaal.

Boonop kom die provinsie se topleerder vir tegniese wetenskap van Delft. Onke Sibeko het 285 uit 300 gekry vir die eksamen.

Sibeko het opgewonde gesê: “Ek is so opgewonde oor die resultate en toekenning. Ek het nooit gedink ek sou ’n topleerder in die provinsie wees nie, maar kyk nou!”

Droom

MatriekpreStasieS: Die provinsie se topleerders is gister op ’n spesiale toekenningsplegtigheid vereer.Foto’s: MELINDA STUURMAN

Michaela Jade Standaar van Elsiesrivier, voorheen ’n leerder aan die Hoërskool Elsiesrivier, is ook aangewys as 1 van die 20 topleerders in die provinsie.

Standaar het gesê: “Dit is surreal. Ek voel ek droom nog, maar dit voel lekker.”

Sy het gesê haar doel was om die stigma te verander wat aan haar gemeenskap geheg word. Sy wou bewys hulle kan ook erken word.

“Ek glo elke leerder in my gemeenskap het die potensiaal om ook eendag vir hul harde werk op hierdie verhoog erken te word. Glo in jouself.

“En, families, ondersteun jul kinders en laat ons ontslae raak van die stigma dat daar net gangsters en drugs in ons gemeenskap is,” het sy gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters