9 dae gelede
Berk kan loop in moordsaak
Dalk vry: Taariq Phillips hoor na verwagting vandag sy lot. Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

SHARISHA Deva se familie was gister afgehaal en teleurgesteld toe hulle op haar birthday verneem het haar vermeende killer kan dalk loop.

Regter Lee Bozalek van die Kaapse hooggeregshof het gister bevind die staat het nie bo redelike twyfel bewys haar berk, Taariq Phillips, het haar verkrag en vermoor nie.

Deva is op 2 Januarie 2014 dood nadat sy die vorige dag by ’n trance-paartie van drugs siek geword het.

Phillips en Deva was in ’n groter groep jong mense wat saam die paartie by Le Bac, ’n wynlandgoed buite die Paarl, bygewoon het.

Van die jong mense het getuig hulle het almal op die vooraand van 2 Januarie ecstasy en ander drugs gesluk.

Phillips het Deva na hulle tent geneem. ’n Uur later het hy gaan hulp soek. Sy is kaal in die tent gekry.

Sy is eers na die mediese tent van die paartie geneem en daarvandaan na die MediClinic in die Paarl.

Sy het nooit haar bewussyn herwin nie en is in die hospitaal dood.

Die staat voer aan Phillips het haar vaginaal en anaal verkrag en verwurg.

Hy ontken die aanklagte en het gesê sy het by hom dikgehou vir seks, maar hy wou nie omdat sy te siek was.

Dr. Deidre Abrahams, staatspatoloog, het gesê die oorsaak van haar dood is verwurging waarna Deva se organe ingegee het.

Sy het ook gesê Deva het verskeie skeure in haar geslagsdele gehad.

Segaran Naidoo, die patoloog van Phillips se regspan, het gesê die wonde aan haar vagina en anus kon deur masturbasie veroorsaak gewees het.

Bozalek het gesê Naidoo se getuienis was nie onpartydig nie. Dit was duidelik hy het opdrag gekry om net oor sekere beserings te praat.

“Naidoo het ook die skuld vir die beserings aan Deva se liggaam op paramedics en medici gepak.”

Gebou

Bozalek het gesê in die verhoor was daar drie kwessies: “Het die couple die aand seks gehad? Het albei drugs gebruik? Indien wel, hoekom is geen dwelms in haar bloed gevind nie?”

Bozalek het gesê die staat se saak was op omstandigheidsbewyse gebou.

“Die bewyse was nie genoeg nie. Die hof is nie oortuig dat sy wel verwurg is nie.”

Deva sou gister 25 geword het. Die uitspraak duur vandag voort.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters