7 dae gelede
Berk is vry in girl se moord
Privaat: Minakshe Deva (regs) wil nie praat nadat haar dogter se boyfriend vrygespreek is aan moord nie. Foto: Peter Abrahams  ~ 

DIT was ’n nag van dwelms, dans en rowwe seks.

Maar Sharisha Deva (21) kon in haar toestand nie toestemming gee nie.

Dus is Taariq Phillips skuldig daaraan dat hy sy meisie van voor en agter verkrag het.

Sharisha (ook bekend as Sharisha Chauhan) is op 2 Januarie 2014 dood nadat sy siek geword het op ’n trance-paartie wat op ’n spogwynlandgoed buite die Paarl gehou is.

Sy, Phillips en nog vriende wat saam by die paartie was, het glo die drugs LSD en ecstasy gebruik. Sy het gekla die drugs maak haar siek en het aan ’n vriendin gesê: “Dit voel of ek wegsmelt.”

Hierna het Phillips haar na hulle tent toe gevat.

Nog ’n vriendin het getuig Sharisha kon nie op haar voete staan nie.

Dié vriendin het na die tent gegaan om te hoor hoe dit met Sharisha gaan.

Sharisha was steeds lam, maar het gesê sy is oukei.

Toe sy Sharisha ná meer as ’n uur weer sien, was dit by die nooddienstent van die partytjie.

Sharisha het fits gekry en skuim het by haar mond uitgekom. Sy was ook kaal.

Regter Lee Bozalek het in sy uitspraak in die Kaapse hooggeregshof gesê Phillips was alleen met Sharisha in die tent.

“Julle was meer as ’n uur alleen daar.

“Net jy kon aan die hof verduidelik wat skeefgeloop of gebeur het. Maar jy het jou swygreg gebruik.”

Bozalek het gesê dit is ’n feit dat die twee ’n couple was en dit sou nie bisar wees as hulle seks gehad het nie.

“Maar jy het volgehou julle het nie seks gehad nie. Jou weergawe in ’n pleitverduideliking, wat die staat nie aanvaar het nie, was dat sy haarself kaal uitgetrek het. Dat sy haar gemasturbeer het.”

Sand

Verskeie mediese kenners het getuig niemand sou hom- of haarself met masturbasie so seermaak nie.

Happiness: Sharisha Deva en Taariq Phillips se laaste pic saam op die vooraand van haar dood. FotoVerskaf

Sharisha het verskeie skeure en wonde aan haar vagina en anus gehad. Verder was haar geslagsdele opgeswel en bloederig. Sand is in haar geslagsdele gekry.

Die kenners het ook getuig sy kon die merke en beserings gekry het van seks in verskillende posisies.

Verder het Pallo Manuel, Trevor Manuel se seun, getuig hy het gehoor hoe Sharisha en Phillips gemoan het soos mense wat seks het.

Verskeie getuies het gesê sy kon nie op haar voete staan nie. Volgens Bozalek sou sy dan nie toestemming kon gee nie.

Phillips se oë was dik gehuil en hy het nervous voorgekom.

Bozalek het Phillips vrygespreek aan die moord op Sharisha, maar hom skuldig bevind op twee aanklagte van rape.

Sy borgtog is verleng. Hy word in Oktober gevonnis.

Haar familie wou geen kommentaar lewer nie en het gesê hulle is baie privaat.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters