4 maande gelede
Berk is voor oor moord
IN DIE TJOEKIE: Trevor Michaels van Manenberg het vermoedelik sy girlfriend doodgesteek.  ~ Foto Verskaf

TREVOR MICHAELS, alias Toyer, sal môrein die Athlone Landdroshof vir die moord op sy vriendin verskyn.

Hy is Dinsdag in Bellville gearresteer nadat die cops leidrade opgevolg het.

Dit kom nadat Michaels na bewering sy girlfriend, Magdeline Isaacs (63), in haar huis in Manenberg vol gate gesteek het.

Isaacs se dogter het op haar bebloede lyk in die huis afgekom.

Sy het in ’n plas bloed op die vloer in haar slaapkamer gelê.

Haar familie het bevestig dat dit nie ’n inbraak was nie, aangesien niks uit die huis weg is nie.

Ná die voorval kon Isaacs se familie nie vir Michaels in die hande kry nie en sy selfoon was af.

Michaels en Isaacs was die afgelope vyf maande saam, maar hy het nie by Isaacs gewoon nie.

Volgens Isaacs se skoonseun, Jerome Jap­tha, het sy skoonma net Sondag teruggekom van vakansie met vriende.

Die hofverrigtinge sal môre begin.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters