4 dae gelede
Beperkte treindiens begin weer
treine,metrorail
Die toetsritte sal kyk of die operasionale planne gaan werk vir die Covid-19-regulasies.  ~ 

RY trein as jy regtig moet, anders bly by die huis.

Dis die boodskap van Metrorail met een lyn in Kaapstad wat van Woensdag af tot Vrydag ry.

Treine sal tussen Kaapstad en Retreat ry en peak tyd in die oggend is van 05:00 tot 09:00 en in die middag van 15:00 tot 19:00.

Die toetsritte sal kyk of die operasionale planne gaan werk vir die Covid-19-regulasies. Net enkelkaartjies gaan eers verkoop word.

Dienste sal Maandag hervat word en stadig meer word.

Mense sal net van Maandag tot Saterdag kan trein ry en nie Sondae nie.

Treine sal tussen 05:00 en 09:00 ry.

In Kaapstad sal treine van platforms 1, 2 en 3 vertrek.

Sewe treine sal in die oggend van Retreatstasie af elke 30 minute ry en vyf treine van Kaapstad na Retreat.

In die middag sal sewe treine van Kaapstad af ry en ses van Retreat af.

Daar word verwag dat in peak tyd tussen 350 en 400 pendelaars op elke trein sal wees.

Treine gaan eers net op 1 stasie stop en dit sluit in Kaapstad, Woodstock, Salt River, Observatory, Mowbray, Rondebosch, Claremont, Kenilworth, Wynberg, Plumstead, Diep River, Heathfield en Retreat.

Die ander vyf kleiner stasies Rosebank, Newlands, Harfield Road, Wittebome en Steurhof bly voorlopig toe.

treine,metrorail
Metrorail se nuwe schedule vir level-3 lockdown
treine,metrorail
Metrorail se level-3 lockdown skedule.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters