Verlede maand
Benni se broer voor vir miljoene se drugs
jerome
Jerome McCarthy  ~ Foto Verskaf

’N VOORMALIGE Bafana-Bafana-sokkerspeler is Maandag in die Bellville-landdroshof op borgtog van R100 000 vrygelaat.

Jerome McCarthy, oudste broer van die bekende sokkerster Benni McCarthy is verlede Vrydag in hegtenis geneem nadat hy dwelms met ’n straatwaarde van R8 miljoen in sy besit gekry is.

Die voormalige doelskieter van Santos-sokkerklub het sy eie lawyer aangestel al het hy ’n keuse van ’n legal aid lawyer gehad.

Die hof het gehoor hy het geen vorige veroordelings of hangende sake teen hom nie. 

Die saak is eers weer volgende jaar in Februarie in die hof.

Lees volledige berig in Dinsdag, 1 Desember se Son Koerant.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters