4 maande gelede
Bendes te woelig by hof
skaal draai: ’n Landdros moet môre hof loop op klagte van afpersing en korrupsie.Foto ter illustrasie: NETWERK24  ~ 

COPS van die Strand moes gister bontstaan by die hof, waar baie bendelede teenwoordig was.

Imraan Gamieldien (20) het gister in die hof verskyn op ’n klag van moord

Fagrodien is Maandag naby sy huis in Liberty­straat vermoor toe hy vier keer in die kop geskiet is. Hy was een van twee jong mans wat die laaste tyd in die Strand vermoor is.

Gewapen

Volgens die polisie hou die voorvalle verband met bendegeweld en dwelmhandel.

Fagrodien sou getuig het in ’n moordsaak wat binnekort begin.

Buite die hof het die bende groepe mekaar aangevat. Volgens omstanders was hulle gewapen. Die polisie het toe hulle hande vol gehad om die twee groepe uitmekaar te hou.

Die saak is uitgestel tot 21 Mei, wanneer Gamieldien sal aansoek doen om borgtog.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters