Verlede jaar
Bendes se geveg eis nog twee
dood: Niezaam Khan is Maandagaand in Kewtown vol lood gepomp.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE voortslepende bendegeweld in Athlone het die lewe van nog ’n vermeende bendelid geëis.

Niezaam Khan (24) is Maandagaand in die stegie Ixia Court langsaan Koodoo-straat, Kewtown, vol lood gepomp.

Die voorval het omstreeks 21:00 plaasgevind. Khan is in die gesig getref en het op die toneel beswyk.

Dit volg kort ná ’n drive-by-shooting Saterdagaand ook in Kewtown.

In dié voorval is ’n onskuldige, 56-jarige man noodlottig gewond toe hy uit ’n mobile shop in Eland­straat gekom het.

Opgedaag

Vermeende gangsters het vanuit ’n voertuig geskiet en die man in die rug gewond.

Hy het ’n paar meter gehardloop voordat hy in die straat inmekaargesak het. Die onskuldige man is op die toneel dood voordat ’n ambulans opgedaag het.

Volgens die inwoners is dit die Americans en die G-Units wat oor drug turf op mekaar skiet.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het die twee skietvoorvalle bevestig.

Niemand is nog gearresteer nie.

Enigiemand met inligting kan die polisie se tolvrye Stop Misdaad-nommer, 08600 10111, skakel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters