27 dae gelede
Bendes moor birthday boy
verkeerde plek: Peter Solomons is Sondagaand in Hanover Park doodgeskiet. Dit was sy verjaardag.Foto’s: LEON KNIPE  ~ 

SUID-AFRIKA benodig nog 60 000 cops om aan die basiese ratio per inwoner in die land te voldoen.

Volgens die nasionale polisiehoof, Bheki Cele, het die land op die oomblik meer as 193 000 polisiebeamptes, maar daar is steeds ’n tekort van 60 000.

Cele meet dié syfer aan die wêreldstandaard wat die Verenigde Nasies vasgestel het.

Albert Fritz, die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, het Dinsdag ’n dringende vergadering met die polisiehoof gehad oor die bendegeweld in die provinsie.

Volgens Fritz sal nie minder nie as 1 000 van die 5 000 rekrute wat tans opgelei word, in die Wes-Kaap ontplooi word.

Die nuwe cops sal onmiddellik ná hulle opleiding by verskeie polisiestasies in die Wes-Kaap uitgeplaas word.

Getraumatiseerde in­woners van die Kaapse Vlakte het die afgelope twee maande onder bloedige bendegeweld deurgeloop.

Volgens Fritz is ongeveer 1 875 mense die afgelope jaar in die Wes-Kaap weens bendegeweld dood.

  • Gisteroggend is die liggame van twee onbekende mans by Schaapkraal gevind.

Die lyke het in ’n sloot bo-op mekaar lê.

  • In Lavender Hill is twee mans gister om en by 09:45 aangeval.

Die een man (22) het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Die ander een (21) is in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

  • Sondagaand is ’n man van Hanover Park op sy verjaardag doodgeskiet.

Peter Solomons het van die winkel af gekom toe hy in die bendes se kruisvuur beland het.

Solomons (53) is op die toneel dood.

Gewag
  • Sondagaand is ’n buitelander in Grassy Park in sy motor afgemaai.

Irfan Bukhari is 20:08 in 8ste Laan doodgeskiet.

Bukhari is oorspronklik van Pakistan.

Terwyl die buitelander in sy motor vir iemand gewag het, is hy drie keer in die kop geskiet.

Niemand is nog vir die onderskeie skietvoorvalle in hegtenis geneem nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters