3 maande gelede
Bendes is peste nes Covid-19
Bendes in Strand skiet steeds op mekaar.  ~ Foto ter Illustrasie

TERWYL die hele land oor die corona-virus bekommerd is, is die bendes in die Strand steeds besig om mekaar uit te roei.

Ná ’n skietstilstand van maande in Rusthof, Broadlands Park en Casablanca, het bendegeweld Dinsdag weer opgevlam.

Dit was toe ’n lid van die SOS-bende, Clinton Hendricks, in 8ste Straat, Rusthof, doodgeskiet is.

Gemeenskapsleiers in dié drie gebiede sê hulle vrees die ergste as die polisie niks gaan doen nie.

Gery

Hulle vrese is bevestig toe nóg ’n bendelid van die Strand, Bobboy Titus, gister in Mitchells Plain doodgeskiet is.

Die bewering is dat Titus ses keer geskiet is.

Mense van oral het op WhatsApp en Facebook hulle meegevoel met die twee se families oorgedra.

Volgens die polisie het Hendricks op sy fiets gery toe hy geskiet is. Hy is in die ambulans dood.

Die polisie het reeds ’n man gearresteer en soek na nóg ’n verdagte wat aan hulle bekend is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters