15 dae gelede
‘Bendelid’ sterwe ná 10 skote
MOORD: Die toneel van nog ’n lyk in die courtyard maak inwoners klaar bang vir die jaar wat voorlê.  ~ Leon Knipe

’N VERMEENDE gangster is Donderdagaand in Lavender Hill vol gate geskiet.

Die voorval het omstreeks 18:40 by Wicht Court gebeur. Die 33-jarige man, ene Totter, is op die toneel dood. Hy is na verneem word meer as 10 keer raak geskiet.

Volgens Gavin Walburg, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum in Steenberg, is dit die tweede skietvoorval in Wicht Court sedert die begin van die jaar.

Walburg sê: “Ons veroordeel ten sterkste die bendeskietery wat nou weer opvlam. Ons is in die middel van ’n pandemie en nou moet die inwoners nog met die bendeskietery ook opgeskeep sit.

Gewond

“Ons weet nog nie wat die rede is dat die skietery nou weer opgevlam het nie.

“Ons kan net hoop die gangsters sal ophou skiet.

“In die vorige skietery by dieselfde woonstel is vier mense gewond, onder wie ’n driejarige kind.

“Die skietvoorval het op Nuwejaar plaasgevind.”

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, volg die cops leidrade op.

Vrydagoggend is ’n 43-jarige man in Elsiesrivier afgemaai.

Die voorval het op die hoek van Tamboekie Place en 9de Laan gebeur.

Die man is verskeie kere geskiet en hy is op die toneel dood.

Niemand is nog vir die twee moorde in hegtenis geneem nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters