Verlede maand
Bende vermoor sy ‘hit man’
DOOD: Theodore Meyer (18) is glo ’n slagoffer van sy eie comrades in die Laughing Boys.FotoVERSKAF  ~ 

’N VERMEENDE hit man van die Laughing Boys is gister in Hanover Park afgehaal en ’n druglord ernstig gewond.

Theodore Meyer (18) van Calway Court is gisteroggend doodgeskiet.

Hy was na verneem word ’n hit man vir die Laughing Boys en sy eie comrades het hom glo afgehaal.

Die voorval het omstreeks 05:00 by Lomond Court gebeur.

Meyer is verskeie keer in die kop geskiet en is op die toneel dood.

In nog ’n skietvoorval gisteroggend in Hanover Park is ’n vermeende druglord van die Laughing Boys en ’n onskuldige man in ’n skietery gewond.

Sy comrades het glo tot by sy huis in Buall Walk gegaan en hom in sy jaart geskiet.

Hy is in die arm, bors en been gewond. Die ander man is net in die been gewond.

Faksies

Albei is na die hospitaal geneem.

Volgens Ebrahim Abrahams, voorsitter van die Philippi-polisiëringsforum, skiet verskillende faksies binne die Laughing Boys-bende op mekaar.

“Daar is sigbare polisiëring in die gebied. Hulle doen gereeld raids, maar die skietery gaan nog aan.”

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê: “Die skietvoorvalle is bendeverwant.

“Alle leidrade word opgevolg.”

Van Wyk voeg by niemand is gearresteer nie.

Enige persone met inligting kan die Philippi-polisiestasie by 021 690 1517 of die tolvrye misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters