11 dae gelede
Bende-oorlog eis nog lewens
ENE LoLLoFOTO verskaf  ~ 

DIE bloed het nog nooit ophou vloei in Extension 13 nie nadat ’n hond onlangs daar vol lood gepomp is.

Pas nadat Tyson, ’n bruinkleurige hond van ’n mixed breed, Woensdag drie keer raak geskiet is, is ’n tiener – ene Bobo (13) – doodgeskiet.

Albei voorvalle het in Da Gamastraat, Belhar, plaasgevind.

Nog ’n jong man – ene Lollo – is Vrydag in Anreithlaan, ook in Belhar, doodgeskiet.

’n Inwoner wat anoniem wil bly, het aan Songesê daar is ’n bende-oorlog tussen die Terribles en die Klokke gang.

Die ouer sê: “Ons kinders se lewe is in gevaar.

“Hier bly lyke uitgaan – dis nie reg nie!”

Moordsaak

Siyabulela Malo, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat die Belhar-polisie ’n saak van moord ondersoek ná ’n skietvoorval in Da Gamastraat.

Malo sê: “ ’n Moordsaak word ondersoek nadat ’n 13-jarige seun in Da Gamastraat doodgeskiet is.

“Een verdagte is gearresteer en het vandag in die Bellville-landdroshof verskyn.

Malo sê die polisie ondersoek nog ’n moordsaak ná ’n skietvoorval 15:55 Vrydag in Anreithlaan, Belhar.

Volgens Malo is die man op die toneel oorlede.

Malo sê: “Die omstandig­hede rondom die voorval word nog ondersoek. Nog geen arrestasies is gemaak nie.

“Die speurders is besig om alle leidrade op te volg om die verdagtes aan te keer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters