2 maande gelede
‘Ben 10’ hoes te erg om te getuig
Siek: Reghard Groenewald verloor gister sy balans op die trappe by die hof waar hy verskyn het. Foto: Peter Abrahams  ~ 

DIE selferkende daggakop wat glo sy vriend se ma met ’n potplant doodgeslaan het, was gister te siek om te getuig.

Reghard Groenewald (25) kon gister niks van sy hoofgetuienis onthou nie en het kort-kort na lugborrels gehap.

Groenewald loop hof vir die moord op Hilary van Rooyen (52).

Die bebloede lyk van dié ma van twee seuns is op 9 Mei 2017 in haar huis in Eversdal ontdek.

Groenewald het erken hy was by haar huis en dat hy “antie Hilary” met ’n potplanthouer geslaan het. Hy sê egter dit was nie sy bedoeling om haar dood te slaan nie.

Volgens hom wou sy sy lyf hê, maar was hy nie daarvoor te vinde nie.

Verdaag

Gister het Groenewald homself kort-kort weerspreek en feite in sy hoofgetuienis ontken.

Terwyl hy onder kruisverhoor was, het ’n vies­like hoesbui hom oorval en het die hof vir ’n rukkie verdaag.

Sy lawyer, adv. Ross McKernan, het die hof gevra om die saak uit te stel sodat sy kliënt kan dokter toe gaan. Die saak gaan vandag voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters