3 maande gelede
Behuising by Soutriviermark kry groenlig
The Salt River Market is located along Voortrekker
Die groenlig is gegee vir die ontwikkeling van bekostigbare behuising om by die Soutriviermark te begin.  ~ communicare

DIE aansoek om hersonering van die Soutriviermark om vir bekostigbare behuising ontwikkel te word, is goedgekeur.

Die Kaapstadse stadsraad gaan nou voorsiening maak vir die ontwikkeling van 723 residensiële eenhede waarvan 216 eenhede vir bekostigbare behuising gebruik word. 

Die grond gaan ook gebruik word om besigheidseenhede te skep en ruimte vir informele sakehandel.

Greg Wagner, woordvoerder van Dan Plato, Kaapstadse burgemeester, sê Stad Kaapstad se verbintenis om bekostigbare behuising naby die Kaapstadse sakekern te bou, is vandag (Dinsdag) bevestig.

"Dit is 'n mylpaalbesluit om die Soutriviermark te ontwikkel en is uiters belangrik om bekostigbare en welgelëe grond naby die Kaapse middestad te identifiseer," sê Wagner.

"Dit moet beklemtoon word dat die ontwikkeling nooit geskrap was nie en vandag se besluit stel die foute van die oorspronklike proses reg waar grond verkoop is sonder grondgebruiksregte.

"Dit vorm deel van ons verbintenis om sake reg te stel en om beter toegang tot werksgeleenthede aan ons inwoners te gee."

Ontwikkeling by Pine Road is steeds aan die gang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters