2 maande gelede
Base van taxi, tavern geskiet
ONDERSOEK: Lede van die polisie op die toneel besig om leidrade te soek.  ~ Leon Knipe

’N EIENAAR van ’n tavern en ’n taxi-baas is dié week in Delft afgemaai.

Die een skietvoorval het Dinsdagaand op hoek van Assegaai- en Tosti-straat voorgekom.

Die 36-jarige man is in sy swart bakkie in die kop getref.

Hy is na verneem word verskeie kere in die kop geskiet en het agter die stuurwiel van sy motor aan sy wonde beswyk.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, is die speurders besig om leidrade op te volg.

  • In nog ’n skietvoorval gisteroggend in Delft by die N2 Gateway­ is ’n taxi-eienaar koelbloedig doodgeskiet.

Past. Charles George, voorsitter van Delft se gemeenskapspolisiëringsforum, sê: “Die bendeskietery gaan nog steeds elke dag voort.”

Volgens George vermoed die polisie dat die moord van die taxi-eienaar moontlik met taxigeweld verband hou.

George sê: “Hier word elke dag 24/7 geskiet.

Uitreik

“Die polisie het hul hande vol met die bendes wat so skiet.

“Ons het gister met die polisie vergader oor die toenemende bendeskietery.

“Ons gaan nou probeer uitreik na alle geestelike leiers en kerkorganisasies om saam met die gemeenskap en polisie te werk.

“Ons hoop dit sal help om die bendeskietery hok te slaan.”

Volgens Rwexana is niemand nog vir die moorde gearresteer nie en twee moorddossiere is aangelê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters