Verlede maand
Bainskloof-tragedie: ‘Kids was verwaarloos’
df
Carl Smit jnr. en Juanita Booysen tydens die begrafnis.  ~ Peter Abrahams

DIE drie boeties, Cayleb (7), Gradwill (4) en Joshua Smit (1), wat in die Bainskloof-tragedie gesterf het, se ouers het hulle verwaarloos.

Só sê hul oupa, Carl Smit snr, wat self die saak by die welsyn aangemeld het.

Volgens Smit het hy besluit om in Oktober ’n saak by die welsyn te maak.

Hy en sy ma, Sarie de Villiers, saam met wie die kinders laas Saterdag verongeluk het, het na die kinders omgesien nadat hul ouers, Juanita Booysen, en sy seun Carl Smit jnr. die kinders verwaarloos het.

Booysen het reeds Vrydag op ’n aanklag van kinderverwaarlosing in die Wellington-landdroshof verskyn en haar girlfriend op ’n aanklag van poging tot moord nadat sy, Gradwill, na bewering met die mes gesteek het.

Volgens Smit snr. is beide ouers verslaaf aan tik en misbruik alkohol.

Lees die volledige berig in 30 November se Son.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters