7 dae gelede
Baie bejaardes moet nog register
Stad Kaapstad sê baie voorstede is agter met inentingsregistrasies.  ~ Foto ter illustrasie

DIE Stad Kaapstad het 'n beroep op verskeie rolspelers gedoen om te help om mense van 60 jaar en ouer vir die entstof te registreer.

Zahid Badroodien, mayco-lid belas met gemeenskapsveiligheid, sê teen 7 Junie is 46% geregistreer om in die metro die entstof te kry.

Badroodien voeg by dat baie meer ouer mense nog moet registreer. Die 10 voorstede met die laagste registrasies is, Nomzamo, Fisantekraal, Phillipi, Pella, Imizamo Yethu, Delft, Mfuleni, Blackheath, Macassar en Blue Downs.

Hy het ’n beroep op gemeenskapsorganisasies, jeuggroepe en godsdienstige organisasies gedoen om so gou as moontlik ouer mense te help om te registreer.

Die veldtog sal oor die volgende paar weke in Khayelitsha, Mitchells Plain, Delft, Athlone, Grassy Park en Kuilsrivier voortgaan. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters