5 dae gelede
Baba gevind ná kapers met hom wegjaag
dfd
Die kapers het die seuntjie in Maitland afgelaai.  ~ Foto Verskaf

DIE sewe maande oue babaseuntjie, wat Maandag nog in die kar was toe kapers daarmee weggejaag het, is teruggevind.

Kol. Alroy van der Berg, polisiewoordvoerder, sê die seuntjie is in 'n karstoeltjie langs 'n spazawinkel in Maitland gevind.

Van der Berg sê die kaping het kort na 10:00 in Bishopstraat in Observatory plaasgevind.

"Die skuldiges het weggery met die baba steeds binne in. Die voertuig is later onder 'n brug in Mowbray gevind, maar sonder die baba."

Hy sê 'n getuie het later die polisie se misdaadlyn gebel. Die getuie het gesien hoe 'n man die baba langs 'n winkel in Maitland aflaai en wegry.

Die getuie het die seun huis toe geneem voordat sy die polisie gebel het. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters